Community

HFM Matrieks oes onderskeidings

Die Matrieks van HFM het vanjaar behoorlik onderskeiding geoes met een leerling wat 7 onderskeidings, een wat 6 onderskeidings, vier wat 5 onderskeidings en vier wat 4 onderskeidings ingepalm het.

2019 Matriek Sune
Suné Robbertse van Hoërskool Frikkie Meyer wat sewe onderskeidings tydens verlede jaar se matriek eindeksamen behaal het. Sy was ook die beste leerling in Limpopo vir Afrikaans Huistaal.

Suné Robbertse het 7 onderskeidings ingepalm en was ook beste vak-leerling in HFM met haar prestasies in die volgende vakke: Afrikaans Huistaal (90%), English First Additional Language (87%), Wiskunde (80%), Lewenswetenskappe (88%), en Rekeningkunde (85%). Sy het ook onderskeidings in Geskiedenis en Lewensoriëntering behaal.

Michelle Steyn het 6 onderskeidings ingepalm en was HFM se beste leerling in Geografie (82%). Sy kry ook onderskeidings vir Afrikaans Huistaal, English First Additional Language, Wiskunde geletterdheid, Lewensoriëntering en Besigheidstudie.

Christelle Brink behaal 5 onderskeidings en was HFM se beste leerling in Toerisme (88%) en Wiskunde geletterdheid (89%). Sy behaal ook onderskeidings vir Afrikaans Huistaal, English First Additional Language en Lewensoriëntering.

Michelle Simpson behaal 5 onderskeidings in Afrikaans Huistaal, English First Additional Language, Wiskunde geletterdheid, Lewensoriëntering en Toerisme.

Rina-Liza Taljaart behaal 5 onderskeidings in Afrikaans Huistaal, English First Additional Language, Wiskunde geletterdheid, Lewensoriëntering en Toerisme.

Rachel van Zyl behaal 5 onderskeidings en was HFM beste leerling in Besigheidstudies (84%) en RTT (90%) asook onderskeidings in Afrikaans Huistaal, English First Additional Language en Lewensoriëntering.

Pieter Lamprecht behaal 4 onderskeidings met beste HFM leerling in Fisiese Wetenskap (87%) en onderskeidings in Afrikaans Huistaal, English First Additional Language, en Lewensoriëntering.

Michelle Mulder behaal 4 onderskeidings in Afrikaans Huistaal, Lewensoriëntering, Geskiedenis en Lewens Wetenskappe.

Sonja Terblanché behaal vier onderskeidings in Afrikaans Huistaal, English First Additional Language, Lewensoriëntering en Lewens Wetenskappe.

Jeane Venter behaal 4 onderskeidings in Afrikaans Huistaal, English First Additional Language, Lewensoriëntering en RTT.

Verder was daar vier leerlinge wat 3 onderskeidings, 23 wat 2 onderskeidings en 63 wat 1 onderskeiding behaal het.
Altesaam het die leerlinge vir 170 onderskeidings gesorg.

Ander beste vakpresteerders was Mihle July as beste HFM presteerder in English Home Language (74%) en Afrikaans Eerste Addisionele Taal (82%).
Francois Jooste Tegniese Wiskunde (71%), Machielle Hatting Tegniese Wetenskap (76%), Sonja Terblanché Ekonomie (76%),
Neil Bester Inligtingstegnologie (85%), Micayla Mulder Geskiedenis (92%) en Lewensoriëntering (99%), Nicole Blignaut Gasvryheidstudies (72%), Jan-Adriaan du Plessis IGO (83%), Armand Zwart Elektriese Tegnologie (66%) en Werner Dreyer Siviele Tegnologie (93%).