Zimbabwe Oproer – President drink tee met die Russe
Nuus uit die onrus-geteisterde Zimbabwe is dat daar op betogers met traangas vanuit ’n helikopter geskiet is nadat die betogers ’n pad versper en die brand van buitebande in protes teen die prys van brandstof wat die afgelope naweek meer as verdubbel het.
Soldate het ook in beweeg om skare by die besigste aansluiting vir pendelaar-vervoer in Harare uitmekaar te jaag.
President Emmerson Mnangagwa het die oproere netjies gesystap deur sy vertrek Maandag vir sy Oos-Europese besoek aan vyf lande, op die stadium dat die oproere begin het en die Zimbabwe Kongres van Vakbonde ’n drie-dag nasionale staking uitgeroep het in protes teen die verhoogde brandstofprys.
Ooggetuies het getuig van gewelddadighede in die oostelike stad van Mutare waar mense passasiersbusse aangeval het en sommige winkels verwoes is.
Besighede en skole is gesluit en alle publieke vervoer is feitlik oor die hele land tot stilstand gebring.
Sosiale media soos Facebook, Twitter en WhatsApp is buite werking, blykbaar in ’n poging om betogers te verhoed om te mobiliseer.
Vir die tweede opeenvolgende dag het die polisie in Bulawayo traangas op betogers afgevuur.
Die polisie is ingeroep nadat singende betogers geëis het dat President Emmerson Mnangagwa uit sy pos verwyder moet word.
Intussen berig ZWNews dat Zimbabwe se waarnemende president, Constatino Chiwenga steeds nog nie ’n amptelike verklaring aangaande die geweld wat Maandag tot die dood van ten minste vyf mense gelei het nie.
Volgens die verslag is die mense dood nadat daar met outomatiese wapens op hulle gevuur is. Hierdie is die ergste voorval van onrus in Zimbabwe sedert die gewelddadighede in Augustus verlede jaar na die uitslag van die Zimbabwiese bekend gemaak is.
Mnangagwa het dit bekend gemaak dat hy Putin ontmoet om lenings te bekom. Hy is ook van plan om die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos Switserland volgende week wil bywoon in ’n poging om internasionale beleggers te lok.
Berigte uit Harare lui dat polisie en soldate huise binnegegaan en bewoners aangerand het.
Die opposisie MDC Party het ook laat weet dat hulle hoofkantoor aangeval is. Die party het ook inwoners gemaan om eerder binne hul huise te bly as om betrokke te raak in die aksie op die strate.
Nog ’n humanistiese groep berig dat 26 mense skietwonde opgedoen het maar te bang is om hospitale te besoek uit vrees vir inhegtenisneming of verdere aanranding.
Volgens die minister van Staatsveiligheid, Owen Ncube, was daar ongevalle, polisiemanne is beseer en eiendom was beskadig. Hy het bygevoeg dat meer as 200 mense in hegtenis geneem is.
Hy het ook die opposisie MDC Party en sommige siviele organisasies beskuldig dat hulle onrus aanvuur in ’n poging om die regering van President Emmerson Mnangagwa omver te gooi nadat hy die mag oorgeneem het toe Robert Mugabe geforseer is om in November 2017 te bedank.