Bekende sakeman en jagter skielik oorlede
Jan Swart, boorling van die Bosveld, sakeman en bekende Jag-operateur, is Donderdag 10 Januarie skielik by sy huis oorlede.
Jan is in 1948 op Sentrum gebore waar sy ouers, Pieter en Christi Swart, op hul familieplaas geboer het.
Die afgelope paar jaar het Jan hom toegespits op hul waterbesigheid, Kransberg Water, en het grootmaat gesuiwerde fonteinwater aan verskeie sakeondernemings gelewer.
Die roudiens van Jan Swart, sal gehou word op Dinsdag 15 Januarie om 12 uur vanuit die NG Kerk in Thabazimbi.
Die familie sê dankie vir almal se ondersteuning in hierdie moeilike tyd. Dit word opreg waardeer.
Huldeblyk
Hoërskool Frikkie Meyer het met leedwese verneem van die afsterwe van mnr Jan Swart, eggenoot van mev Christi Swart. Oom Jan, ook bekend Jan-Water , was ‘n groot vriend van die skool en het altyd sy kant gebring deur sy ondersteuning op die sportveld en terrein.
Ons dra ons simpatie oor aan Juffrou Christi en haar seun Arno.
Mag hul vetroosting vind in hierdie tyd.