Aansluiting by die Junction Sentrum eis nog ’n vragmotor
Nog ’n vragmotor het sy vrag voortydig afgelaai toe dit nie gestop kon kry by die Ellisras-Warmbad T-aansluiting by Thabazimbi nie.
Die nuutste ongeluk by die aansluiting was gedurende die vroeë oggendure van Vrydag 7 Desember 2018.
Hierdie aansluiting het reeds menige swaarvoertuie hulle vrag en die lewens van insittendes gekos wanneer die bestuurders van die voertuie nie in staat is om die vragmotors betyds tot stilstand te kry nie.
Remme wat ingee kry gewoonlik die skuld vir die ongelukke, waarvan party voertuie op die spoorlyn wat parallel met Warmbad loop te lande kom en ander weer op hulle sy beland langs die beton-palisade wat die treinspoor van die pad afsper. Daar word nie een meer moeite gedoen om die beton palisade wat langs die spoorlyn deur Transnet aangebring is, na ongelukke te herstel nie.
Dit wil al blyk asof eienaars van voertuie wat skade by die aansluiting aanrig nie suksesvol vervolg word om die skade te herstel nie.
In hierdie ongeluk was die vragmotor met ’n Botswana registrasie vanaf die buurland met sy vrag van digte natrium as op pad na sy bestemming êrens in Suid-Afrika, toe die bestuurder nie die voertuig by die aansluiting tot stilstand kon bring nie en in sy poging om teen volle vaart regs te draai, die vragmotor op sy kant laat beland het met die vrag langsaan.
Dit is nie bekend of daar enige persone dood of beseer is in die ongeluk nie aangesien kommunikasiekanale met die owerhede wat oor die inligting beskik, net soos ons ekonomie, feitlik nie bestaan nie.
Gelukkig was daar blykbaar nie ander voertuie by die aansluiting ten tye van die ongeluk nie wat ernstige ongevalle tot gevolg sou gehad het.
Gelukkig is niemand ernstig beseer nie, maar sekondes het die verskil gemaak tussen lewe en dood.
Die vorige geval waar ’n vragmotor ook op sy sy te lande gekom het, was tot op die datum twee jaar voor laasgenoemde ongeluk.
Daar bestaan ’n dringende behoefte dat hierdie probleem aangespreek word voordat daar menseverlies is van onskuldige padgebruikers wat deur hierdie weghol-vragmotors getref word.
Wees verseker dat hier groter gru ongelukke, as wat die afgelope tyd op die N1 in die omgewing van die Kranskop tol-stasie plaasgevind het, die werklikheid gaan wees.
Foto’s: Kwêvoël