Stropers slaan toe na transito-roof

Stropers wat op ’n geldwa toegesak het na ’n transito-rooftog in Mpumalanga is op video vasgelê kort nadat die rooftog plaasgevind het.

G4S Cash Solutions het aan News24 gesê dat een van hulle gepantserde voertuie Saterdag aangeval is tydens ’n kontant oorplasing transaksie in Emoyeni Mpumalanga.

Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Brenda Muridili, het die voorval omstreeks 13:30 plaasgevind.

Sy het aan News24 gesê dat ’n onbekende aantal verdagtes op die gepantserde voertuig geskiet het en dit tot stilstand gebring het.

Die sekuriteitsbeamptes is met wapens aangehou terwyl die voertuig opgeblaas is.

Die verdagtes het met drie voertuie met ’n onbevestigde hoeveelheid kontant ontsnap, waarna omstanders op die voertuig toegesak het en dit verder geplunder het.
https://youtu.be/DHMo4TMNLY8

Muridili het genoem dat alhoewel geen verdagtes tot dusver aangekeer is nie, veroordeel sy hierdie tipe van gedrag.
“Buiten dat dit ’n misdaadtoneel kontamineer, maak dit sake moeilik vir die polisie om leidrade bymekaar te maak,” het sy gesê.