Kommentaar: Ramaphosa klou steeds aan mag nes voorgangers

Dit om van te kots – soos om katte, nie buffels nie, te skiet.

Ons agbare president het net soos sy voorgangers weereens bewys het dat daar geen swart Afrikaan-leier is wat nie alles in sy vermoë sal doen om te behou wat hy nie verdien het nie. Soos gewoonlik speel demokrasie ’n groot rol hierin.

Met blanke-kapitaal en -hulp het Cyril Ramaphosa hom reeds gevestig as ’n multimiljoenêr eksotiese stoetbees- en wildteler as deel van die eksklusiewe groep wit wildtelers wat hulself die Stoet Wild Telers noem.

Om sy mede telers, en sowat 400 potensiële kopers tevrede te stel, het hy op die vooraand van die veiling almal verseker dat produktiewe kommersiële plase nie geraak sal word deur sy populistiese ondersteuning van die skraping van artikel 25 van die grondwet wat tans sê dat niemand van sy eiendom vervreem mag word indien dit aangewend word ter versekering van sy inkomste of die bedryf van sy besigheid nie.

Hy het min of meer dieselfde woorde teenoor Theresa May, die Eersteminister van Brittanje, geuiter tydens haar vlugtige besoek verlede week aan Suid-Afrika. Hy het dit net bietjie anders gestel om van haar liggelowigheid misbruik te maak deur te sê dat onteiening sonder vergoeding sal alles volgens die bepalings van die Grondwet geskied.

Tannie May is ’n goedgelowige mens wat in die daarstelling van ’n grondwet van beskaafde lande met ’n geordende samelewing glo. Sy is nie gewoond daaraan dat veral Afrika-lande wat deur meerderheidstemme en ’n sogenaamde Demokrasie aan bewind gekom het, as die regerende party daarin glo dat indien daar iets in die wetgewing is wat hulle nie pas nie, hulle eenvoudig die grondwet gaan verander.

Die grondwet was immers die een ding waaroor al die verskeie partye, gemeenskappe en verskillende rasse tydens beraadslaging op alle vlakke saamgestem het om juis hierdie verskille in ’n beredeneerde wyse vas te vat om toekomstige konflikte uit te skakel. Dit is nie bedoel om verander te word soos die gemoed van die regerende party hom pas nie.

Die ANC onder Cyril Ramaphosa, gesteun deur die ANC se Malema, die voormalige ANC Jeugbondleier en nou leier van die EFF, gaan die grondwet verander word om artikel 25 uit te vee van hierdie ooreenkoms wat bereik is vir vreedsame voortbestaan.

Kan die koek-en-tee-tannie van Brittanje dit nie raaksien nie? Steeds is sy tevrede dat Ramaphosa beloof het dat alles volgens die grondwet sal geskied.

Dit is in elk geval geen goeie nuus vir Suid-Afrika sê nie-seksistiese bepalings in die grondwet nie. Soos reeds bewys, is Afrika die voorste aanhanger van hul geliefde Imperialistiese Brittanje se Koningin Victoria se kuisheid oor alles wat seksisme aan betref. Selfs Prins Albert moes sy penis met ’n ring en ketting in toom hou onder sy stywe broek. Alles gebaseer op die nuwe- ou-testamentiese geloof van bevryding wat hulle saam met hul voorvaderlike geloof beoefen.

Om terug te keer na Stud Game Breeders se veiling waar Ramaphosa se stoet wild van sy teelplaas Phala Phala Wildlife farm, astronomiese pryse behaal het wat hom ‘n koel R20miljoen in die sak besorg het. Hieronder was ‘n buffelbul wat ‘n koel R4,1miljoen gehaal het.

Intussen was Ramaphosa nie by die werklike veiling gewees nie, maar op ’n amptelike besoek aan China waar hy vry na Chinese beleggings vir die sosialistiese model van China wat hy in Suid-Afrika wil vestig.

In ‘n verdere kommerwekkende aankondiging word daar deur die presidensie aangekondig dat Suid-Afrika weereens in ‘n depressie gedompel is.
Hieronder is die kommerwekkende aanwysers rondom die resessie dat die Rand deur die R15 per dollar-grens gebreek het en in ʼn stadium vanoggend (Dinsdag 4 September) teen R15,13 per dollar verhandel het. Die landbousektor het met 29,2% ingekrimp en huishoudelike besteding het met 1,3% afgeneem terwyl staatsbesteding met 0,7% in die tweede kwartaal gestyg het.

Hierdie resessie volg op die 2009 resessie wat sy invloed in 2011 gewys het met die afname in koerant-advertensies, die mynwerkers staking en wat daarop gevolg het om Suid-Afrika se ekonomie totaal te vernietig so ver dit mynwese en die vervaardiging-sektor aan betref.

Dit was die tyd toe Beeld so dun geraak het en Kwêvoël toegegooi is onder gemorspos advertensies aangesien poskantore betrokke geraak het deur die gemorspos biljette en advertensieboekies in posbusse te gooi aangesien daar nie meer straataflewering was nie.

Met die kansellasie van posbusse word hierdie gemorspos nou op die voorstoepe van supermarkte en drankwinkels en op besighede se toonbanke afgelaai.

Hoe dink Ramaphosa met al sy beloftes van “ons vat by die witman en gee vir die arm swartmense” gaan hy steeds daarin slaag om die ekonomie te laat groei.

Hierdie resessie is nie te wyte aan die wêreld ekonomie nie maar kan direk voor die deur van die onbevoegde, magsugtige ANC en sy vennoot die EFF en al die ander plunderende swart gemeenskappe in die land gelê word.

Die taai toffie wat Ramaphosa gedink het hy in sy kies laat lê het, het ‘n kanker gevorm wat Suid-Afrika se ondergang gaan beteken.

Al vat hy al die eiendom van die wit mense. Al vernietig hy die sogenaamde wit ekonomie. Dit is geen oplossing vir al die armoede wat die ANC aanjaag onder die werklose jeug, die werkloosheid onder die onbevoegde werksoekers en die stygend bevolkingsgroei onder die swart mense, veral die skoolgaande jeug vanaf primêre tot sekondêre vlak wat aangeblaas word deur die ANC se welvaart kindertoelaes.

Met 62% van alle geboortes in die land word die vader van die kind se naam nie tydens registrasie aangedui nie. 13% van hierdie gevalle is minderjarige skoolkinders.

Hierdie mense weet om te registreer want daarsonder kan hulle nie ‘n kindertoelaag eis nie.

Waar in die wêreld kry jy die geval dat die ma agter haar swanger 12-jarige kind staan, om dié te registreer vir ‘n welsyntoelaag, terwyl die ma self met ‘n klein baba op haar rug, in die tou staan om toelaes vir haar ander kinders, insluitend die 12-jarige wat voor haar in die tou staan en die een op die rug, op te eis.

Om te teel is nie om te oorleef nie. Wanneer gaan Afrika dit besef?

Kommentaar deur Pieter Coetzee-Redakteur: Kwêvoël (Sedert 1983)