Sport

HFM se swemmers presteer uitmuntend

HFM se swemmers, onder die leiding van hul afrigter Frank Lottering, het goeie prestasies behaal tydens die verskeie galas waaraan hulle deelgeneem het.

Kristin Lottering, dogter van Frank, het op verskeie geleenthede medaljes ingeoes onder andere 5 goues by die Shamu Sprint gala te Tzaneen, 5 goues met 5 nuwe rekords tydens die Tuks Sprint gala en die afgelope naweek 9 goud met 9 nuwe rekords tydens die Ellisras Sprint gala.

Sy het ook uitsonderlik presteer tydens die Senior National Short Course Championships te Durban in Augustus waar sy in die ope afdeling teen vroue van reg oor die land moes kompeteer. Sy behaal ‘n skitterende 18de plek in die 200m vlinderslag en verbeter haar tyd met 27.56s – nadat sy ook afrigting van Chad le Clos ontvang het.

Kristin het tydens dié geleentheid ook reeds gekwalifiseer vir die Junior en Senior SA Kampioenskappe wat gedurende 2019 in Durban aangebied word.

Intussen het Cara Pieterse, Tristan Brits, Mathilda Jordaan, Wilmien Schutte, Kristin Lottering en Quinten Steenkamp Limpopo kleure verwerf en Limpopo by die Interprovinsiala gala te Stanford Lake verteenwoordig.

Tydens die pas afgelope Ellisras Sprint gala het 9 swemmers 43 medaljes ingeoes. Die swemmers was Kristin lottering 9 goud; Tristan Brits 7 goud; Inge-Marie Briel 2 goud, 2 silwer, 2 brons; Twana Nel 1 goud, 1 silwer, 1 brons; Cara Pieterse 5 silwer, 2 brons; Xander Steenkamp 4 silwer, 2 brons; Quinten Steenkamp 4 silwer, 1 brons en Fanie Swanepoel 1 brons.

HFM se swemmers maak intussen gereed vir die swem Interhoër wat op Woensdag 26 September te Ellisras plaasvind.