General

Krieketspelers deur na finale proewe

Die Krieket Streek-proewe vir laerskole is Saterdag 25 Augustus te Bela Bela gehou.

Laerskool Thabazimbi se krieketspelers het in die ouderdomsgroepe o/11, o/12 en o/13 deelgeneem waarvan vyf deurgedring het na die finale proewe wat op 1 en 2 September in Polokwane en Tzaneen plaasvind.

Die spelers wat deurgedring het is MJ Kloppers en Michael Pistorius vir die o/11 span, Christoff Marx en Marcus de Aguiar vir die o/12 span en Gerdo Grobler vir die o/13 span.

28 Aug LS TBZ Krieketproewe
Krieketspelers van Laerskool Thabazimbi wat deurgedring het om aan die finale krieketproewe deel te neem is op die foto van links voor: MJ Kloppers (o/11) en Christoff Marx (o/12). Agter: Michael Pistorius (o/11), Marcus de Aguiar (o/12) en Gerdro Grobler (o/13).