Die kompetisie-gees onder die jong dames en hul ondersteuners het hoog geloop tydens die kroning van Thabazimbi Skou se Mej Koringaartjie, Mej Sonneblom en die Junior en Senior Mej Thabazimbi.
Die kompetisie was weereens deur Thabazimbi Superspar geborg en die onderskeie wenners het met lekker pryse weggestap.
Die hoofdis van die kroning was die aanwysing van Mej Thabazimbi en haar Prinsesse. Die wenner was Onozi Shai met Eerste Prinses Rozé Bester en Tweede Prinses Charlize du Plessis. Saam met hulle op die foto is die twee beoordelaars van DZL, wat ook vir musiek gesorg het tydens die geleentheid, heel links Wiaan Fourie en agter heel regs Andries Hendrik Potgieter, saam met Ursula Roux (Organiseerder), Bokkie van Spar wat mede aankondiger was, en die voormalige Mej Thabazimbi 2017, Vicky-Lee Armstrong heel regs.
Mej Sonneblom (9-12 Jaar) wenner, Ananda Pieterse, saam met haar Eerste Prinses Marli du Plessis en Tweede Prinses Rinize Liebentrau.
Mej Thabazimbi Junior (13-15 Jaar) wenner, Marli van Schalkwyk, saam met haar Eerste Prinses Ankebe Els en Tweede Prinses Suné Meyer.
Die Mej Koringaartjie wenner (6-8 Jaar), Kaylee Lategan saam met haar Eerste Prinses Bontle Masaga en Tweede Prinses Sue-Ané Baard.