Na verskeie oproepe om inligting aangaande wat die onderskeie rugby-kompetisies/byeenkomstes behels, het Kwêvoël se navrae ongelukkig op dowe ore geval.
Die internet het nie veel gehelp nie aangesien daar verskeie Grant Khomo en Cravenweek kompetisies op verskillende datums regdeur die land aangebied word.
Ons hoop om beter verslaggewing te kan doen sodra die onderskeie spelers weer terug is na die vakansie aktiwiteite.
Rugbyspelers van HFM wat Provinsiale kleure ontvang het (Alle Spanne). Hulle is op die foto voor: Mnr Pierre van Jaarsveld, Pieter Viljoen, Nelson Mamabolo, Baphiwe Fanni, JD Jordaan, Zander Beeslaar, Mathlapo Modise, Gift Fihlani, Mnr Collin Campbell (Hoof). Middel: Erik Snyman, Anthony Buys, Diaan Coetzee, Anthony Brand, JT Cronjé, Renier Els, Tshimiswha Nemavholo, Annrich Basson, PJ Bezuidenhout, JD du Toit en agter: Victor Potgieter, William Thulare, Dewan Deysel.
Erich van Rooyen, leerkrag by HFM, is as Spanbestuurder van die Grant Khomo o/16 rugbyspan aangewys. Saam met hom is Pierre van Jaarsveld, hoofafrigter van die Grant Khomo o/16 rugbyspan.
HFM se Grant Khomo Rugbyspelers O/16 is voor: Zander Beeslaar, JD Jordaan, Mathlapo Modise, PJ Bezuidenhout, Gift Fihlani, Mnr Collin Campbell (Hoof). Agter: Mnr Pierre van Jaarsveld (Afrigter en keurder) Anrich Basson, Mnr Erich van Rooyen (Afrigter en hulpkeurder).
HFM Akademieweek rugbyspelers is op die foto voor: Diaan Coetzee, Renier Els en JB du Toit. Agter: Mnr Pierre van Jaarsveld (Afrigter) Mnr Collin Campbell (Hoof).
HFM Cravenweek rugbyspelers is voor: Mnr Pierre van Jaarsveld (Koordineerder) Victor Potgieter, Baphiwe Fanni , JT Cronjé, Anthony Brand, Anthony Buys, Tshemishwa Nemavholo en mnr Collin Campbell (Hoof). Agter: Erik Snyman, William Thulare en Dewan Deysel.