Puik kommentaar op RiVo drama se Pierneef-Kunstefees deelnemers

RiVo Dramastudente van Laerskool Thabazimbi en Hoërskool Frikkie Meyer van Rita Volschenk se dramagroepie het Saterdag 5 Mei aan die Pierneefteater Kunstefees deelgeneem. Die beoordeling het by Hoërskool Menlopark plaasgevind.

Die beoordelaar, Marthie Brand, het in haar kommentaar oor die 13 studente van RiVo toneel wat deelgeneem het, hulle baie gelukgewens en aan Rita: “Baie geluk met die kinders, hulle was puik! Lekker gewees om sulke afgeronde werk te beoordeel.”

Rita sê sy het sommer weer moed geskep – wys RiVo is op die regte pad.

Laerskool Thabazimbi leerlinge het soos volg presteer:

Gert-Hendrik du Plessis – Gr 3: Stilstaan poësie A++; Dramatiese poësie A++; Prosa A+ en Monoloog (A+)

Deané Prinsloo – Gr 4: Stilstaan poësie A++ en Dramatiese poësie A

Jarianca du Plessis – Gr 5: Stilstaan poësie A++ (kategorie wenner); Dramatiese poësie A+ en Monoloog A++

Andri Venter – Gr 5: Stilstaan poësie A en Dramatiese poësie A+

Nickie Lintvelt – Gr 6: Stilstaan poësie A++ en Dramatiese poësie A+

Kieran Soares – Gr 6: Stilstaan poësie A+, Dramatiese poësie A+ en Monoloog A+

Izandri Joubert – Gr 7: Stilstaan poësie A++ (kategorie wenner); Dramatiese poësie A++ en Prosa A++.

Hoërskool Frikkie Meyer se deelnemers aan het as volg gevaar:

Lieselotte Smit – Gr 8: Stilstaan poësie A+; Dramatiese poësie A++; Prosa A++ (kategoriewenner) en Monoloog A+

Nelita Janse van Rensburg – Gr 8: Stilstaan poësie A+ en Dramatiese prosa A++ (kategoriewenner)

Kadin Soares – Gr 8: Stilstaan poësie A++ en Monoloog A++

Kiano Soares – Gr 10: Stilstaan poësie; Prosa A++ en Monoloog A+

William Niemand – Gr 10: Stilstaan poësie A++; Prosa A+ en Dramatiese prosa A++

Gerdie du Plessis – Gr 11: Stilstaan poësie A++ (kategoriewenner); Prosa A+; Dramatiese prosa A+ en Monoloog A++