Mynwerkers steeds ondergrond vasgeval

Twee mynwerker is dood en vyf ander word steeds vermis na ‘n aardbewing die Masakhane goudmyn, wes van Johannesburg.

 

Dertien mynwerkers was aanvanklik sowat 3km ondergronds vasgekeer maar reddingswerkers het daarin geslaag om van hulle te bevry. Twee van hierdie werkers het later aan hul beserings beswyk.

 

Die 2.2 sterkte aardbewing se episentrum was baie naby aan waar die mynwerkers gewerk het.

Vyf mynwerkers is steeds ondergrond vasgekeer.