Die Spesiale Toekenningsgeleentheid van Hoërskool Frikkie Meyer het Donderdag 18 Januarie plaasgevind.
Tydens die geleentheid is leerlinge bekroon vir uitstaande prestasie op Kulturele-, Akademiese- en Sportgebied, waarvan daar geen tekort geskied het nie.
Verlede week het Kwêvoël reeds beriggewing gedoen aangaande die puik akademiese prestasie van die Graad 12 leerlinge van 2017 tydens die jaareindeksamen.
Tydens die Toekenningsfunksie is hierdie presteerders ook beloon sowel as die hele skool vir hulle individuele prestasies.
Alle leerlinge wat hulself op akademiese, sport of kulturele vlak onderskei word hiermee gehuldig met die meegaande galery van uitblinkers tydens die geleentheid.
Lourier Leerling: Ananda Lategan ontvang die gesogte Lourier-toekenning by die hoof, mnr Colin Campbell. Buiten Lourier Leerling was Ananda ook die Duxleerling vir 2017.
Die aankondiging van Duxleerling met twee leerlinge wat alkeen sewe A-simbole tydens die Matrikulasie eindeksamen verdien het, het tot afwagting gelei totdat Anada Lategan se naam uitgeroep is. Dit was nie die einde nie – Ananda is ook as HFM se Lourier leerling aangewys.
Ananda se onderskeidings was soos volg:
Afrikaans Huistaal; 84%, English first additional language 89%, Wiskunde 93%, Lewensoriëntering 96%, IGO 89%, Geografie 94% en Fisiese Wetenskap 95%. Ananda was ook die top leerling in Waterberg.
Vir haar prestasie as mede leerling wat ook sewe a-simbole verwer het, het Marlie Snyman ook ’n spesiale toekenning ontvang.
Marlie se onderskeidings was soos volg:
Afrikaans Huistaal 87%, English Firs Additional Language 87%, Wiskunde 89%, Lewensoriëntering 98%, Lewenswetenskap 89% en Fisiese Wetenskap 90%. Marlie het as die Vyfde beste leerling in Waterberg geëindig.
Verder op akademiese gebied het die beste leerling van al die ander Grade vanaf Gr 8 tot Gr 11 (2017) ook erkenning vir hul prestasies ontvang.
Twee leerlinge van Hoërskool Frikkie Meyer het die onderskeiding behaal om sewe A-simbole tydens die Matriekeksamen te verwerf. Hulle is Ananda Lategan, regs op foto, Gr 12 (7 A-simbole: Afrikaans Huistaal 84%, English First Additional Language 89%, Wiskunde 93%, Lewensoriëntering 96%, IGO 89%, Geografie 94% en Fisiese Wetenskap 95%) saam met Marlie Snyman Gr 12 (7 A-simbole: Afrikaans Huistaal 87% English First Additional Language 87%, Wiskunde 89%, Lewensoriëntering 98%, Ekonomie 81%, Lewenswetenskap 89% en Fisiese Wetenskap 90%.). Ananda het verder die onderskeiding ontvang om Eerste in Waterberg te staan met Marlie in die Vyfde plek.
Beste leerlinge Grade 8 – 11 van links: Gr 8: Mariska Coetzee, Gr 9 – Staan Joubert, Gr 10 – Hugo van Niekerk, Gr 11 – Suné Robbertse. Saam met hulle op die foto is me Marthie Boshoff.
Gateway Subject Educators: Beste onderwysers – Waterberg: Mnr. Hendrik Buys – Wiskunde Geletterdheid en me. Elmien Fouché – Wiskunde Geletterdheid.
Marlize Coetzee Gr 12: 6 A-simbole: Afrikaans huistaal 80%, English First Additional Language 85%, Wiskunde 76%, Lewensoriëntering 96%, Gasvryheid 85%, Lewenswetenskap 81% en Fisiese Wetenskap 81%.
Zelmari Davel Gr 12: 6 A-simbole: Afrikaans Huistaal 80%,, English First Additional Language 85%, Wiskunde 87%, Lewensoriëntering 88%, Rekeningkunde 93%, Lewenswetenskap 83% en Fisiese Wetenskap 79%.
Wessel Kruger Gr 12: 10de in Waterberg. 5 A-simbole: Afrikaans Huistaal 78%, English First Additional Language 89%, Wiskunde 86%, Lewensoriëntering 94%, IGO 88%, Fisiese Wetenskap 78% en IT 89%.
Melanie Engelbrecht Gr 12: 6 A-simbole: Afrikaans Huistaal 84%, English First Additional Language 84%, Wiskunde 68%, Lewensoriëntering 92%, Rekeningkunde 78%, RTT 83%, Ekonomie 85% en Geskiedenis 89%.
Wilmari Prinsloo Gr 12: 5 A-simbole: Afrikaans huistaal 80%, English First Additional Language 85%, Wiskunde 49%, Lewensoriëntering 95%, Geskiedenis 82%, Gasvryheid 89%, Lewenswetenskap 77% en Fisiese Wetenskap 57%.
Waterberg Trofee: Beste in Visuele Kuns (89%) en Engels Eerste Addisionele Taal (90%) – Bernice Vermaak
Waterberg Trofee: Beste in Engels Eerste Addisionele Taal (90%) – Ruduan Joubert
Rapportryerskild vir die beste leerling in Afrikaans Huistaal Graad 11 – Christelle Brink
Op Kuturele gebied was die leerlinge ook baie besig en talle trofeë en sertifikate is uitgedeel.
Kultuurleerling van die Jaar: Eseias Lamprecht
Toneelspeler van die jaar: Melanie Engelbrecht
Uitvoerende Kunste – Beste Leerling van die Jaar: Anli René van den Berg
Luiperdtoekenning: Marelize Coetzee
Die top sport toekennings is met groot afwagting aangekondig. (Sien galery onder vir foto’s)
Die toekenning vir Sportseun van die Jaar het gegaan aan Nimroe Lategan. Hy het ook die toekennings as Krieketspeler van die Jaar ontvang.
Die Sportdogter van die Jaar was Ananda Lategan wat ook die toekenning as Gholfspeler van die Jaar ontvang het.