Dink uit die boks
Ongeag die negatiewe houding in Suid-Afrika teenoor veral Suid-Afrikaans geskoolde mense wat hulle afdruk op die wêreldgemeenskap gemaak het, kan dit nie weggepraat of weg-gewens word nie.
Hier is daar verskeie persone. Sir Herbert Baker wat die Uniegebou ontwerp het, ’n ontwerp wat oorgevloei het na ander Engelse kolonies. Dr Chris Barnard wat die eerste chirurg was wat suksesvol ’n skenkerhart na ’n ander persoon oorgeplant het en meer op die kommersiële mark, die Creepy Crawley wat deur ’n Suid-Afrikaner van Italiaanse oorsprong ontwerp en wêreldwyd bemark is.
Die jongste toevoeging op die lys is Elon Musk wat sy skooljare aan Boys High in Pretoria voltooi het en pad gevat het na Amerika waar daar meer geleentheid was vir sy “uit die boks” denkwyse.
Hy het intussen die Tesla elektries-aangedrewe motor gelewer wat, buiten die fantastiese werkverrigting ook homself kan bestuur met die hulp van agt kameras, beter as wat enige mens dit kan doen. Sy Space-X projek waarmee hy, met sy herbruikbare vuurpyle wat hulself na die aanvanklike lansering sonder menslike hulp op ’n bepaalde plek kan land vir herwinning. Sy drome oor die Mars-sending sal nie een van ons oorleef nie, maar dit kan gedoen word.
Sy nuutste werkbare projek, ’n tonnelnetwerk vir selfbestuur-motors wat jou goedkoop teen ondenkbare snelhede, outomaties na jou bestemming kan neem.
En hier sit ons gewone mense en dink aan helikopters en vlieënde motorkarre.
Die negatiewe sy hiervan is dat daar soveel mense in veral die bemarkings-afdelings van besighede sit wat besef dat hulle hul teikenmark deur die internet moet bereik, maar steeds hul bemarking op die ou manier deur die gedrukte media wil doen. Dit terwyl almal deesdae met ’n koerant in die vorm van ‘n slimfoon in hul sakke rondloop.
Dink bietjie uit die boks en kyk wat internet-bemarking aan jou bied.
Toe ek in die sewentiger-jare in die ontwerpafdeling van Atlas Vliegtuigkorporasie gewerk het, het ek ook my drome gehad. Die grootste droom was om my notaboekie vol te skryf sodat ek die laaste karton-bladjie kon gebruik as papier om my ontwerp op te teken.
Hieronder is ondermeer ’n skets van die opleidingsvliegtuig wat die Harvard moes vervang (die Pilatus was nog nie eens op die toneel nie) – lank voordat die weermag daaraan gedink het om die Harvard vloot te onttrek en toe die Rooivalk steeds maar net ’n droom van my base was.
Al my sketse het nie as vliegtuie geëindig nie. So was daar my elektries-aangedrewe vragmotor, my voorstedelike motor en dan een wat nog al baie so die Ford DeLorean van Back to the Future lyk. Ek belowe hierdie sketse is lank voor die fliek gemaak is gedoen.
En uiteindelik het Kwêvoël meer sin gemaak, veral nou dat ek terug is in Thabazimbi om die digitale weergawe van Kwêvël te ondersteun in wat dit verdien.
Advertensies teen minder as ‘n kwart van die prys daarvan in die gedrukte media. Boonop kan die digitale weergawe iets doen wat geen gedrukte koerant jou kan bied nie, naamlik om vir die adverteerder presies te sê hoeveel mense sy advertensie gesien en dit oopgemaak het.
Dit is steeds die adverteerder wat uiteindelik die produk aan die kliënt moet verkoop. Kwêvoël bring die perd tot by die water – die besigheid moet die regte produk teen die beste prys en na-verkoop-diens verskaf om die perd te maak drink.
Die ABC, wat drukoplaag verifieer, kan net staatmaak op drukkerye se fakture wat die koerante aan hulle voorlê om so hul oplaag te verifieer. Die faktuur van die drukkery word maar een of twee maal per jaar vereis om die drukoplaag te bevestig – maar wat gebeur al die weke tussenin – bly hulle by hulle drukoplaag?
Hier waar Kwêvoël nou buite die ABC staan kan daar omonwonne gesê word dat ABC syfers beslis bevraagteken kan word – Dit ter wille van die groot Nasionale-vlak adverteerders wat aan die ou manier van bemarking vasklou, want “so het hulle in die industrie gegroei”.
Skrik wakker al julle advertensie buro’s – jou kliënte loop met die nuus in hul sakke rond! Adverteer op die bestaande sosiale bladsye – moenie op jou eie facebookblad of webblad staatmaak vir bemarking nie. Die mense soek steeds nuus – gebruik plaaslik die erkende nuuskanaal reeds vir die afgelope 35 jaar en adverteer digitaal in Kwêvoël waar nuus steeds gratis isl.
Kwêvoël bied aan jou werklike weeklikse syfers – niemand kan daarteen teen stry nie. Daarom dra ek ook my dank oor aan die getroue kliënte, en verwelkom hulle weereens aan boord, wat steeds bereid is om die paadjie met die Kwêvoël se digitale uitgawe en sy 5600 ondersteuners te stap.
Besoek Kwêvoël se Fb blad by www.facebook.com/kwevoel en besoek hierdeur ons webblad by www.kwevoel.co.za.
Teken sommer kosteloos in om jou weeklikse boodskap te ontvang om weereens vir die nuwe nuus te loer en te sien wat Thabazimbi en sy besighede jou bied.
Dink bietjie uit die boks en kyk wat internet-bemarking aan jou bied?
Pieter Coetzee – Redakteur