Witspan wen HFM Interhuis

Hoërskool Frikkie Meyer het hul jaarlikse Interhuis atletiekbyeenkoms op Vrydag 20 Januarie aangebied. Die dag was vol mooi prestasies en daar is lekker gees gebou vir die Interhoër Atletiekbyeenkoms met Frikkie Meyer wat vanjaar gasheer vir al die deelnemende skole sal speel.

Die Witspan wen die Interhuis byeenkoms met 1089 punte, gevolg in die tweede plek deur die Rooispan met 908 punte en die Blouspan in die derdeplek met 768 punte.

Die Blouspan wen die trofee vir die beste spangees en sang en die Witspan vir die beste dirigente opkoms.

Die Sangbeker is deur die Rooispan ingepalm.

Die Beste Seunsatleet van die dag was Devoux Deysel. Devoux ontvang ook die trofee vir die Algeheel Beste Enkel-prestasie van die dag met ‘n wenafstand van 62.05m in Spiesgooi (So/16) wat vir hom 985 punte verdien.

Die beste Dogtersatleet van die dag was Charne Ras.

Foto’s: Annabelle Tromp

Individuele prestasies vir die dag was as volg:
* Beste Junior Seun: Baan – Anrich Basson (So/15) met ‘n ABSA tabelpunt van 777 in die 100m.
* Beste Junior seun: Veld – Anrich Basson (So/15) met ‘n ABSA tabelpunt van 883 in Diskus.
Beste Junior Dogter: Baan – Hazel Kennedy (Do/15) met ‘n ABSA tabelpunt van 717 in die 100m.
Beste Junior Dogter: Veld – Twana Nel (Do/14) met ‘n ABSA tabelpunt van 770 in Hoogspring.
Beste Senior Seun: Baan – Fanie Modimola (So/16) met ‘n ABSA tabelpunt van 824 in die 100m.
Beste Senior Seun Veld: – Devoux Deysel (So/16) met ‘n ABSA tabelpunt van 985 in Spiesgooi.
Beste Senior Dogter Baan: Tacia van Wyk (Do/16) met ‘n ABSA tabelpunt van 562 in die 100m.
Beste Senior Dogter Veld: – Charne Ras (Do/16) met ‘n ABSA tabelpunt van 813 in Gewigstoot.
Beste Dogter-atleet van die dag: Charne Ras
Beste Seun-atleet van die dag: Devoux Deysel
Algeheel: Beste enkel-prestasie van die dag – Devoux Deysel met ‘n wenafstand van 62.05m in Spiesgooi (So/16) wat vir hom 985 punte verdien.

HFM Interhoer dirigente
HFM se dirigente vir die komende Interhoër Atletiek-byeenkoms, wat deur HFM op hul baan aangebied gaan word, is aangewys. Hulle is op die foto van links: Heel voor: Anchen Engelbrecht, Anica Jordaan en Anmarie Schutte. Eerste ry: Zanré Janse Van Rensburg, Melanie Engelbrecht en Bernice Vermaak. Tweede ry: Ruduan Joubert, Wihan Lynn en Fabio Vielmetti. Agter: Daniël Koekemoer, Hennie Horn en Michael Knoetze.