HFM redenaars tydens ATKV eerste rondte

Die volgende redenaars dring deur na die semifinale rondte van die ATKV 10 Junie 2016. Hulle is van links: Gustav Grobler, Me Christelle Kotze, Melani Engelbrecht en Daniël Koekemoer.
Die volgende redenaars dring deur na die semifinale rondte van die ATKV 10 Junie 2016. Hulle is van links: Gustav Grobler, Me Christelle Kotze, Melani Engelbrecht en Daniël Koekemoer.

GROBLERSDAL – Die redenaars van Hoërskool Frikkie Meyer het gedurende die afgelope skoolvakansie aan die redenaarskompetisie wat by Hoërskool Ben Viljoen op Grolersdal aangebied is, deelgeneem. Hulle het reeds die dag voordat die kompetisie daarheen vertrek om hulself voor te berei vir die eerste onvoorbereide redenaarskompetisie wat die volgendag sou plaasvind.

Ten spyte van ‘n paar deurmekaar situasies het die redenaars hulle uitstekend van hulle taak gekwyt en hulle onderwerpe goed beredeneer.

Die leerlinge van HFM wat aan die eerste rondte van die ATKV redenaars deelgeneem het was: Seniors: Lydia Potgieter, Daniël Koekemoer, Anke-Mari Wentzel, CJ van der Merwe, Danielle van Loggerenberg, Melanie Engelbrecht, Nika Bester, Suné Robbertse en Arnold McSeveney. Juniors: Stiaan Joubert, Gustav Grobler, Lize-Mari Rossouw, Dirco Slabbert, Ruvé Blaauw, Jo-Lise Butler, Anthony Opperman, Amoré Odendaal en Lalicia Malan.

Verskeie redenaars het na die semi-finale rondte, wat op 10 Junie te Curro Heuwelkruin aangebied sal word. In die Juniorgroep (gr.8-9) het Gustav Grobler in die voorbereide afdeling deurgedring. In die senior groep (gr.10-12) het Daniël Koekemoer en Melanie Engelbrecht in die voorbereide afdeling, tot die volgende rondte van die kompetisie deurgedring. Baie dankie aan ds. Joggie Kotzé wat ook sy passie vir redenaars in die harte van hierdie leerders gesit het.