Skopboks leerlinge

PRETORIA – Vyf Leerders van Hoërskool Frikkie Meyer het baie goed presteer tydens die SA Kampioenskappe te Pretoria op Saterdag, 30 April. Leerders neem deel in hul gewigsklas in drie verskillende style: vol kontak, ligte kontak en semi-kontak.
Uitslae:
VOL KONTAK STYL:
Francois Buys – Goud in sy gewigsklas – SA Kampioen!
Ruan Erasmus – Goud in sy gewigsklas – SA Kampioen!
SEMI EN LIGTE KONTAK:
Willem Henning – Goud in sy gewigsklas – SA Kampioen!
Wian Lynn – Silwer in sy gewigsklas
Jandre Lynn – Brons in sy gewigsklas
(Die twee broers het teen mekaar te staan gekop in dieselfde gewigsklas om no 2 en no 3 te bepaal)
Baie geluk aan hierdie leerders! Binne die volgende twee weke word die SA span en die Presidentspan aangekondig. Indien die leerders hiervoor kwalifiseer, neem hulle in September aan die wêreld kampioenskappe in Ierland deel.