HFM Hokkie uitslae

Een van die agt spanne wat deel geneem het teen Hoërskool Oos-Moot op 9 April, saam met hulle afrigter (heel links) Juf Rentia Erasmus.
Een van die agt spanne wat deel geneem het teen Hoërskool Oos-Moot op 9 April, saam met hulle afrigter (heel links) Juf Rentia Erasmus.

THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer het hulle eerste volwaardige wedstryde hierdie seisoen afgeskop die afgelope naweek teen Hoërskool Oos-Moot op Saterdag 9 April. Dit het goed afgeloop vir die eerste wedstryde. Die dogters het van o/14 tot by die Eerste Span baie goeie hokkie gespeel.

Die uitslae is as volg: Die 14 A span speel gelyk 1-1, 14 B wen 2-0, 15 A wen 3-1, 15 B wen 2-1, 16 A verloor 0-3, 16 B verloor 0-3, die Tweede span wen 1-0 en die Eerste span wen 3-1. In totaal het HFM vyf wedstryde gewen, een gelyk gespeel en twee verloor. Foto’s geneem deur Anli Rene van den Berg.