‘n Reuse Kameeldoring het geval

Stephanus Jacobus (Faan) Meintjes is op die ouderdom van 90 oorlede op 14 Maart 2016 na ‘n kort siekbed. Sy begrafnis was in Maart.
Stephanus Jacobus (Faan) Meintjes is op die ouderdom van 90 oorlede op 14 Maart 2016 na ‘n kort siekbed. Sy begrafnis was in Maart.

LEEUPOORT– Stephanus Jacobus (Faan) Meintjes is op die ouderdom van 90 oorlede op 14 Maart 2016 na ‘n kort siekbed. Hy het oor ‘n paar dekades baie voetspore gelê op die paaie van Natuurbewaring en wildshervestiging. Hy was vir baie jare op die direksie van Natuurbewaring en het eer van Total Suid Afrika ontvang vir sy jare lange toewyding aan Natuur- en Wildbewaring, asook die Wildsbewaringstrofee van Transvaal in 1972 ontvang.
Hy het die Faan Meintjes Natuurreservaat buite Klerksdorp ontwikkel en vir die eerste keer in Wes Transvaal verskeie wildspesies weer hervestig, soos Swartwitpense (nadat hy aan Natuurbewaring bewyse van Bramaantekening gewys het waar hulle water suip) renosters, kameelperde, gemsbokke en rooihartbeeste.
Hy was ‘n pionier wat die klem op die opvoedkundige sy laat val het. Hy het die wild, geboue, ingangshek, watervoorsiening en uitleg van paaie, asook die wildheining in sy kenmerkende “buffel” geverf, aan die munisipaliteit geskenk.
Sy liefde vir die Laeveld het gestrek vanaf die Bush Lodge in Sabi Sabi wat sy eiendom was, tot by die Rondalia-wildtuin waarvan hy mede-eienaar was en self die naam na Letaba Ranch verander het.
Hy het vir ‘n paar dekades wildsplase opgebou in die Bosveld. Hy en sy vrou, Ancy, het die laaste 4 jaar op Leeupoort vakansie dorp gebly. Hy het ook soveel eerstes op sy kerfstok in die motorindustrie van Suid-Afrika gemaak.
Die eerste Go-Cars ingevoer in die vroeë 1960’s en was Transvaalse kampioen met die TQ Midget in 1959.
Die Datsun agentskap, ook ‘n eerste in Suid-Afrika, het hy persoonlik gaan onderhandel in Japan.
Die Carmen Gia, Borgward en Goggomobiel, die DKW Hummel(tjie) motorfietse. Hy het ook die Renault-agentskap eksklusief in Suid-Afrika begin. Weens sanksies destyds teen Suid-Afrika moes hulle met die land onttrek.
Volkswagen Duitsland het aan hom ‘n “Mule”, wat ‘n prototipe Volkswagen bakkie met ‘n houtbak, met “chassie no 2”, geskenk.