Met wins is die verbruiker koning

comment
Die ANC-beleid, veral onder die heerskappy van Sy Eksellensie die Koning van Suid-Afrika, die Edelagbare President Jacob Zuma, het daartoe gelei dat die Suid-Afrikaanse ekonomie totaal in dui gestort het. Waar lande soos China families tot een kind beperk het die ANC besluit om van hierdie land ’n welsynsland te maak deur jong meisies, buite ’n egtelike verbintenis, aan te moedig om kinders te baar waarvoor hulle nie kan sorg nie. Die kind word by die ouma afgelaai sodat sy kan gaan jol en die las van hierdie welsynkind word op die belastingbetaler se skouers gelaai.
Ongelukkig besef die “Koning” nie dat die verbruiker koning moet wees voordat hy hierdie titel homself kan toe-eien. As die verbruiker die koning is beteken dit dat werksgeleenthede geskep word met ’n winsmotief daaraan verbonde.
Volgens Mike Shüssler, ekonoom van Economist.co.za word wins gemeet as ’n persentasie van opbrengs uit bates, of as ’n marge van omset. Die netto wins is die geld wat oorbly nadat kostes van goedere en salarisse afgetrek word maar voordat belasting en aandeelhouers dividend afgetrek is.
Vir die laaste 15 jaar het die ANC-regering dié wins gemeet met bates en die onkoste van werknemers saamgevoeg. Met bates wat tot 4,6% afgeneem in die laaste kwartaal van 2015, die slegste syfer ooit, wys dat die Suid-Afrikaanse ekonomie ernstig in die pekel is.
Dit gaan egter nie die groot maatskappye wees wat die gevolge gaan dra nie, maar sommige van hulle werkers. Die res, dit is nou versekeraars, vakansieklubs en ’n swetterjoel ander, sit nog en sommetjies maak om te sien wat hulle kragtens hul wettige debiet orders, uit die sakke van kleinsakeondernemings en hul werkers kan kry. As die grootste werkgewers in die ekonomie is die kleinsake-besighede die enigstes wat werk kan verskaf waar daar ’n winsmotief by betrokke is. Indien hulle vou, en dit is reeds op groot skaal besig om te gebeur, gaan die koning nie meer die belasting geld ontvang wat hy so vrylik onder sy vrugbare onderdane uitdeel nie.
Meer as 50% van die genoteerde maatskappye op die Suid-Afrikaanse aandelebeurs het reeds hul belange uit die land onttrek en is buite die landsgrense bedrywig. Die rede is dat die winsmarge te laag is.
Schüssler gaan voort deur te sê dat die jongste verlangsaming in ekonomiese aktiwiteite is baie gevaarlik vir Suid-Afrika, want boonop is daardie verhoogde risiko van hoër inflasie, stakings en politieke risiko’s soos nasionalisme en nepotisme insluit. Wins moet hiervoor vergoed maar beleggers wil meer as 6 persentasie punte bo die langtermyn risikovrye koers hê. Hierdie het verlede Desember op 9,34% gestaan. Dus moet opbrengste bo 15,3% wees om vir die privaat ondernemer die moeite werd te maak om te belê. Die opbrengs die eerste kwartaal van hierdie jaar was ’n skamele 4,6%.
Diegene met geld sou die afgelope tyd beter af gewees het met die kontant onder hul matras as deur in enigeen van hierdie maatskappye, veral mynbou, te belê.
As daar geen winste is nie sal werknemers hul salarisse verloor en al sê die arbeidswette wat, as daar nie geld is om salarisse te betaal nie kry niemand iets nie.
Dieselfde geld vir staatdiensamptenare omdat hulle salarisse betaal word uit die belasting wat deur besighede en hul werkers betaal word.
Die eerste tekens van hierdie inploffing is reeds daar met baie werknemers wat afgedank word, veral in die mynbedryf. Laat dit met die res van die nywerhede gebeur en daar sal net een groot stofwolk en ’n moewiese gat wees waar Suid-Afrika se ekonomie veronderstel was om te wees.

Met dank aan Mike Schüssler – Sake Beeld Maandag 4 April