Boere op Aardsdrempel

14-Aardsdrempel poster
Boere op die Aardsdrempel handel oor ’n klein groepie Afrikaanssprekendes in ’n afgeleë gedeelte van Patagonia in Argentinië wat ’n heenkome gevind het na die verwoestende Anglo-Boereoorlog.
Die groep Boere het ’n honderd jaar gelede die Atlantiese Oseaan oorgesteek opsoek na ’n nuwe lewe, vry van die onderdrukkende Britse koloniale heerskappy.
Die verloop van tyd het gepaard gegaan met die verval van hul kultuur en die stelselmatige agteruitgang van die gebruik van Afrikaans. ’n Handvol inwoners wat steeds Afrikaans praat, is gewikkel in ’n stryd om hul taal en kultuur te red.
Die film fokus op die laaste dae van hierdie Afrikaanse gemeenskap en een familie se hartsverlange om kontak te maak met Suid-Afrika.
Boere op die Aardsdrempel gaan vir ’n beperkte speelvlak uitreik by uitgesoekte teaters in Maart en April, vanwaar die DVD dan ook op 22 April in winkels beskikbaar sal wees. Een van hierdie teaters is die Super KunsteGrot op Thabazimbi waar die film vanaand, Vrydag 8 April om 19:00, en moreoggend Saterdag) 9 April om 10:30 vertoon sal word.
Die DVD word uitgereik deur Times Media Home Entertainment.