Kranige leerkrag kwalifiseer vir Paralimpiese Spele

Juf Celia Schoeman, ‘n leerkrag van Hoërskool Frikkie Meyer, het tydens die Paralimpiese byeenkoms ‘n goue medalje in diskus losgegooi met ‘n wen afstand van 12.2m. As deel van die Suid-Afrikaanse span is dit nou die Paralimpiese spele in Rio De Janeiro wat voorlê.
Juf Celia Schoeman, ‘n leerkrag van Hoërskool Frikkie Meyer, het tydens die Paralimpiese byeenkoms ‘n goue medalje in diskus losgegooi met ‘n wen afstand van 12.2m. As deel van die Suid-Afrikaanse span is dit nou die Paralimpiese spele in Rio De Janeiro wat voorlê.

THABAZIMBI – Me Celia Schoeman ‘n personeellid verbonde aan Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi, is gekies om as deel van die Paralimpiese spelespan, Suid-Afrika te verteenwoordig by die Paralimpiese Spele wat by Rio de Janeiro aangebied gaan word.

Die prestasie het sy tydens die Nasionale Paralimpiese byeenkoms behaal toe sy goud raakgegooi het met ‘n afstand van 12,2m.

Celia was op 20 April 2010 in ‘n erge voertuig ongeluk  toe sy en haar netbalspannetjie vanaf Bela Bela oppad was terug na Thabazimbi. Dit het swaar gereën en het vermoedelik die pad byster geraak toe ‘n swaar voertuig wat van vooraf gekom het haar uit haar baan gedwing het. Sy is ernstig beseer en haar een been moes geamputeer word. Na agt maande se hospitalisasie is sy gestremd verklaar.

Kort nadat sy ontslaan is was sy weer op haar pos as leerkrag by die skool.

Celia het sedertdien besluit om die lewe met durf aan te pak en het verlede jaar in 2015 ingeskryf by die Atletiek organisasie vir gestremdes. Sy is geklassifiseer as F42, wat beteken dat sy staande kan deelneem aan die item wat haar passie was voor haar ongeluk naamlik Diskus.

Sy verwerf haar Gauteng kleure in Augustus 2015 tydens ‘n byeenkoms vir gestremde persone by die Herman Immelman stadion in Germiston. Gedurende Maart vanjaar het sy die Nasionale byeenkoms te Bloemfontein, wat vanaf 18 Maart 2016 tot 23 Maart 2016 gehou is, deelgeneem in die hoop om vir die SA span te kwalifiseer wat In Rio de Janeiro in Brasilië ons land gaan verteenwoordig.