Pretvlug eindig noodlottig

11-HelikopterLEPHALALE – Wat bedoel was om ’n laatmiddag pretvlug in ’n gyro-kopter te wees, het tragies geëindig toe die tuig naby Ashanté Lodge neergestort het, en die lewens van mnre Delon du Plessis (46) van Lephalale en Ernst Steenkamp (50) van Pretoria, geëis het. Beide was werksaam by die Medupi projek en is waarskynlik op slag gedood toe die tuig die grond getref het. Die gyro-kopter het in vlamme uitgebars en die omringende veld aan die brand gesteek. Plaaswerkers was gou op die toneel en het die brand met hul eie klere en takke wat hulle afgebreek het, geblus. Beide oorledenes het brandwonde opgedoen. Die ongeluk het Sondagmiddag (13 Maart) 18:00 gebeur. Lees Vrydag die volledige berig op www.kwevoel.co.za