NG Kerk Dwaalboom kuier saam met Blou Willem

Een van die tafels by die damestee wat die tee vreeslik geniet het.
Een van die tafels by die damestee wat die tee vreeslik geniet het.

Blou Willem van Beeld (en nog ander koerante) wat die NG Kerk Damestee die dames toegespreek het.
Blou Willem van Beeld (en nog ander koerante) wat die NG Kerk Damestee die dames toegespreek het.

DWAALBOOM – Die NG Kerk Dwaalboom het Saterdagoggend 5 Maart ‘n heerlike, damestee aangebied saam met niemand anders as Blou Willem nie.
Blou Willem is bekend veral vir sy rubrieke in die Beeld, Burger en Volksblad en in sy eie woorde is hy: “‘n Voorheen bevoordeelde, tans geseënde middeljarige is, wat omtrent oral in die land gebly het omdat sy pa ‘n polisieman was, alles beleef het omdat hy getroud is, drie kinders en nege honde help grootmaak het, ‘n gebuigde sleepwa besit en ‘n huisverband het wat jaarliks groter en groter word!!”
Daar is heerlik gekuier saam met die 11 gasvrouens, kos uit die boonste rakke is geniet en natuurlik uit-die-maag-uit gelag vir al BlouWillem se kwinkslae! Volgens hom is ‘n vrou ook enig in haar soort, en moet jou leuse in die lewe die volgende wees: “Life doesn’t need to be perfect, to be great!”
Na hierdie sukses sal dit beslis nie die laaste keer wees wat ‘n damestee deur NG Kerk Dwaalboom aangebied word nie!