KUMBA SE SLUITING – TAR vra dringende hulp

TAR klein
Dis seker logies dat ‘n mens eers na die mense in die huis kyk. Vir baie van ons is dit ondenkbaar dat ons ooit ons vierpotige kinders sal agterlaat. Heelwat mense het egter gevoel hulle kan nie anders nie.
Weens die situasie by Kumba moes baie gesinne verhuis. Ongelukkig het hulle nie almal hulle diere saamgevat nie. TAR probeer om vir almal huise te gee, maar dit raak ‘n saak van onmoontlikheid. Nie alleen het ons ‘n gebrek aan hokke nie, maar al daardie honger magies moet gevoed word. Boon-op is die bydraes wat ons by sommige van Kumba se gewese werknemers gekry het, ook nou iets van die verlede.
TAR het werklik nou hulp nodig om kos vir die diere te koop. Enige bydrae, hoe klein ookal, sal opreg waardeer word.
Nog belangriker: as dit dalk vir u moontlik is om nog ‘n hond in die huis te neem, dink asseblief daaraan om by TAR te kom aanneem. Hier is soveel honde van verskillende soorte en groottes, dat ons seker is dat u ‘n gepaste maat vir u kan kry.
Ons het wel ‘n fooi betrokke by aanneme, maar onthou dat die dier dan klaar gesteriliseer en ook ontwurm is.
Ondersteun TAR, sodat ons soveel diere moontlik kan red.
TAR WENSLYSIE:
Honde Kos
Koerant papier
Plastiek sake (bv checkers, Pick a Pay, Spar)
Komberse
Donasies vir Charity Shop
Honde speelgoed
Honde Bakke
OF Debiet order forms vir so min soos R50 per maand (Skakel Heila om forms te epos by 0764785057 of Tania by 0848856487 epos tstonec@gmail.com om forms te epos.