Digitale voorland

comment
Die veranderde ekonomiese landskap in Suid-Afrika het nie net ’n invloed op die waarde van die rand gehad nie. Plaaslik was dit veral mynbou en die kleinsakesektor wat die ergste getref is. Die plaaslike media is eerste en die hardste getref, nie in terme van mense wat nie meer die koerant gekoop het nie, maar die feit dat talle kontrakteurs die afgelope jaar of twee die dorp verlaat het, en besighede, sonder wie se advertensie insette, die koerant nie kan bestaan nie, wat reken dat om te adverteer ’n vermorsing van geld is.
Aanbiedinge van tot 50% op advertensies is aangebied – dit het nie eens gehelp nie, want al die besighede is vasgevang in die vrese wat Zuma volgende gaan doen om ons ekonomie te vernietig.
Ingevolge ’n studie deur die ECCO International Communication Network, waar Suid-Afrikaanse joernaliste genader is om hul insette te lewer van hoe hulle hierdie veranderde omstandighede hul rol gaan beïnvloed, was almal eens dat sosiale netwerke beslis ’n groot rol hierin gaan speel.
Dieselfde het geblyk uit ’n opname onder Koerant eienaars en redakteurs, vryskutjoernaliste asook hoofde van departemente van verskeie Suid-Afrikaanse publikasies.
Die studies toon almal ’n groter werklas op joernaliste, begrotings wat besnoei gaan word, verminderde werksekerheid in die drukkers- en uitgewers bedryf asook minder tyd om navorsing te doen. Die sosiale media soos facebook en twitter het veroorsaak dat selfs morone joernaliste kan word as gevolg van die feit dat nuusgebeure baie vinniger oor die sosiale netwerke werke versprei word, sonder dat daar werklik ondersoek ingestel is of die aantygings of inhoud enigsins bevestig is. Uitgewers sal in die toekoms hul ook in ’n groter mate tot hierdie platforms moet wend om kompeterend te bly.
Met al die bostaande in ag geneem, en hier kan mens maar net na die inhoud kyk van ’n sosiale netwerk kanaal wat op Thabazimbi van toepassing is, om te sien hoe vinnig iets versprei. Dit word nie gebruik soos bedoel is nie en baie van die inligting bevat persoonlike menings wat partykeer gepaard gaan met kru taal, wat beslis daarop wys dat die meeste mense wat kommentaar op sosiale netwerke lewer in baie gevalle wel morone is. As gevolg hiervan vermy baie mense hierdie facebook tuiste. As uitgewer is dit die publikasie se plig om te sorg dat alle inligting wat op die sosiale media geplaas word feitlik en geloofwaardig is.
Alle publikasies se oplaag het afgeneem en uitgewers het staat begin maak op meer aanlyn inskrywings, advertensies en borgskappe, waarvan niks, behalwe die Guptha’s se New Age koerant, wat direk deur Zuma en sy ANC party geborg word, gematerialiseer het nie. Die opname het ook getoon dat die publiek nie vir nuus wil betaal nie. Die konsep van betaal volgens die artikels wat jy lees (paywalls) gaan ook nie werk nie. Die voorstel wat die meeste belangstelling ontlok het, was die diversiteit in produkte wat die publikasie op internet kan bied om die publikasie te ondersteun. Hiervoor is die leser bereid om te betaal.
As gevolg van hierdie onmiddellike vrystelling van nuus op die sosiale media, sal uitgewers moet kyk na ander maniere as die tradisionele gedrukte media om kompeterend te bly met die aanlyn-opset.
Die koms van die aan-lyn moontlike bied groot uitdagings aan uitgewers van die tradisionele gedrukte media, maar daarmee saam ook baie nuwe geleenthede. Die uitgewers wat by die nuwe besigheidsmodel en groter produkte aanlyn aanpas sal ’n groter kans op oorlewing hê.
Kwêvoël het noodgedwonge reeds hierdie nuwe pad in publikasie ingeslaan en is op die gemeenskap aangewese om advertensies vir die koerant se tuisblad te werf om te verseker dat die ware nuus by jou uitkom. Stuur eerder nuus deur na Kwêvoël wat hom daartoe verbind het om slegs die waarheid en die sosiale gebeure uit ons gemeenskap te plaas.