Boogskiet – Gesinsport duisend

Tiaan Peyper, een van die juniors van Thabazimbi Boogklub, het ‘n silver medalje (JMBU) in die Gauteng Provinsiale kampioenskappe vir homself tydens die byeenkoms losgeskiet. Op die foto oorhandig Marjo Vollenbroek (Gauteng verteenwoordiger van SAANA) Tiaan se silwermedalje aan hom.
Tiaan Peyper, een van die juniors van Thabazimbi Boogklub, het ‘n silver medalje (JMBU) in die Gauteng Provinsiale kampioenskappe vir homself tydens die byeenkoms losgeskiet. Op die foto oorhandig Marjo Vollenbroek (Gauteng verteenwoordiger van SAANA) Tiaan se silwermedalje aan hom.

THABAZIMBI – Die plaaslike Thabazimbi boogklub het baie goed gevaar tydens die afgelope GAUTENG provinsiale binnenshuise (indoor) boogskiet kompetisie wat die naweek van 6 en 7 Februarie in Kempton Park aangebied is. ‘n Span van Thabazimbi boogklub het deelgeneem en die jongspan het goeie kwalifiserende, provinsiale tellings behaal. Ameij Broekhuizen het ‘n goue medalje met 294/300 behaal. Maya Broekhuizen het 285/300 behaal met ‘n silver medalje. Aart Broekhuizen het ‘n kwalifiserende punt van 286/300 behaal. Tiaan Peyper behaal ‘n silver medalje in die Junior mans afdeling.
Kempton Park se lieflike skietbaan, Die Action Archery skietbaan te Esther Park, is tegnologies uitmuntend toegerus. Daar is kamera’s op elke teiken gerig. Jy skiet jou 5 pyle en kan na elke pyl agter jou op die televisie skerm kyk of jy die kol getref het. Dit gee boogskuts ‘n goeie idee waar om die volgende pyl te plaas om maksimum punte te behaal.
Elke pyl kan ‘n maksimum van 5 punte behaal. So jou voltelling per rondte is 25. In die 12 rondtes kan jy dus 300 punte behaal. In die mans afdeling is dit verrassend om te sien dat die topplekke almal ‘n 300 telling behaal. Dit is die hoeveelheid X’e wat die eerste plekke onderskei.
Voorwaar ‘n heerlike skietbaan maar met die druk van tot 50 skuts per rondte knaag die senuwees soms.
Boogskiet is ‘n heerlike, uitdagende sport wat op Olimpiese vlak erkenning kry in 3 dissiplines: naamlik Binnenshuis (indoor) – afstande 10 yards (0-13 jaar) en 20 yards vir juniors (13-18 jr) en volwassenes, Buitebaan (field) – afstande 0-30 yards vir jongspan 0-13 jaar en 0-50 yards vir jongspan en 0-80 yards vir volwassenes en 2D/3D diere replika’s (3D). Skuts kan saamskiet teen R80 indien jy nie ‘n klublid is nie.
Elke tweede (2e) Saterdag middag van die maand is daar oefen geleentheid teen ‘n “kompetisie” fooi van R50 op die buitebaan. Die hele gesin kan kom saamkuier. ‘n Bosveld vuur is net die ding om so ‘n middag af te sluit (gratis pap en sous). Dis meer winsgewend om aan te sluit by die klub met alle fasiliteite tot jou beskikking. Jaargelde beloop R850. Besoekers (sonder ‘n boog) en belangstellendes is gratis! Kom geniet bosveld gasvryheid op sy beste. Meer inligting by Jaco (082 439 1440) of Chris Welgemoed (082 921 1218).
Thabazimbi Boogklub nooi alle besoekers en skuts om enige Dinsdag aand om 18:00 by hulle te kom draai. Kom geniet die samesyn en braaivleis vuur na die tyd.