Totale buffeluitverkoping genereer miljoene

06-Buffel
THABAZIMBI – Een van die voorste buffeltelers van die distrik, Zwei Herholdt, van Dwaalboom, het tydens ‘n veiling wat op 5 Februarie op Thabazimbi plaasgevind het, van sy totale buffelkudde ontslae geraak.
Die hoogste prys van R6 miljoen was vir ‘n Oos-Afrika Buffelbul van 45.25”, 5 jaar oud. Die koper was Peter en John Trollope.
Altesaam 28 groot diere, wat ‘n Waterbokbul ingesluit het, en 7 klein buffels is van die hand gesit.
Die veiling is deur Vleissentraal Bosveld aangebied met Niel Swart as afslaer.
Die totale omset van die veiling was R21 miljoen.