Neos Kweek Wenners

Op die foto agter van links: Fikile Ribimbi, Fanie Badenhorst en Boitumelo Mataboge. Voor: Chloe Dyer en Claire van Lente.
Op die foto agter van links: Fikile Ribimbi, Fanie Badenhorst en Boitumelo Mataboge. Voor: Chloe Dyer en Claire van Lente.

Neos Christian School het op 6 Februarie 2016 aan die area-sportbyeenkoms vir hoër- en laerskole deelgeneem. Verskeie atlete het skitterend presteer en topprestasies is gelewer.
In die hoërskoolafdeling het die volgende atlete uitgeblink:
Claire van Lente behaal ‘n eerste plek in die 400m naellope dogters onder 17 as ook tweede plekke in die 100m en 200m.
Boitumelo Mataboge wen die 300m hekkies seuns onder 15 en behaal ‘n tweede plek in die 200m naellope.
Fikile Ribimbi palm ‘n eerste plek in in die 400m naellope seuns onder 15 en verower tweede plekke in die 100m en 200m.
Wynand Kotze eindig derde in die 100m en 200m naellope seuns onder 19.
Fanie Badenhorst behaal ‘n tweede plek in spiesgooi seuns onder 19. In die laerskool afdeling behaal Chloe Dyer ‘n tweede plek in spiesgooi dogters onder 12.
Neos se atletiek is kern gesond danksy die professionele afrigting van Mnr. Andre le Roux, hoof van die skool en sy afrigtingspan. Dié skool se atlete is gemotiveerd en oefen fluks om hoër hoogtes in komende byeenkomste te bereik. Neos is voorwaar trots op syatlete en wens hulle alle sterkte toe vir die res van die seisoen.