Koedoes hou Huissport!!

Besonderse woord van geluk aan die volgende leerlinge wat almal rekords gebreek het in hulle onderskeie items.  Van links: Zoë Smit (75 m hekkies 0/13), Hanru Smit (150m hekkies 0/12), Nicholaas Cohen (Verspring 0/10) en CJ du Plessis (60m 0/7).

Op 22 Januarie het Laerskool Koedoeskop hulle jaarlikse Huissport aangebied. Die “Mexikane” en “Ninjas” het mekaar behoorlik die stryd aangesê. Dit was ‘n heerlike dag vol pret, sang en goeie atletiek.
Ons “Mexikane” het die sangbeker gewen terwyl die “Ninjas” behoorlik skoonskip gemaak het en die atletiekbeker gewen het. Baie geluk aan elke leerling wat nie net gewen het nie maar ook deelgeneem het, ons is trots op elkeen van julle.
Baie dankie aan elke onderwyser en ouer wat gehelp het as beamptes by ons byeenkoms, ons waardeer julle hulp opreg. Spesiale woord van dank aan Mnr. Willie de Klerk wat die medaljes geborg het vir ons Gr.0-2’s!