Laerskool Thabazimbi se Kringbyeenkoms atlete

05-LS TBZ Kringbyeenkoms
Atlete van Laerskool Thabazimbi wat Vrydag 29 Januarie aan die Kringbyeekoms deelgeneem het, het met puik uitslae die skool se naam hoog gedra. Die Areabyeenkoms word Saterdag 6 Februarie by Laerskool Thabazimbi aangebied. Op die foto is die presteerders tydens die Kringbyeenkoms wat vir die skool 51 eerste plekke, 45 tweede plekke en 36 derde plekke opgelewer het.