HFM seuns presteer by vriendskaplike byeenkoms

Een van HFM se atlete, Brendan Vermaak, het vir ‘n nuwe baanrekord vir item vir gewigstoot seuns o/17 gesorg met ‘n afstand van 16.37m waardeur hy 873 ASA punte ingepalm het.
Een van HFM se atlete, Brendan Vermaak, het vir ‘n nuwe baanrekord vir item vir gewigstoot seuns o/17 gesorg met ‘n afstand van 16.37m waardeur hy 873 ASA punte ingepalm het.

THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer se atlete het Saterdag aan ‘n vriendskaplike atletiekbyeenkoms, wat deur Hoërskool Montana in Pretoria aangebied is, deelgeneem.
Frikkie Meyer se seuns het besonder goed presteer deur tweede te eindig uit die ses skole wat deelgeneem het. Montana se seunspan was die wenners in hierdie afdeling. Montana was dan ook die algehele wenners van die atletiekbyeenkoms met 898 punte.
Die besoekende skole was Hoërskool Frikkie Meyer wat tweede algeheel vierde geëindig het met 454 punte. Hoërskool Randburg was tweede met 524 punte, gevolg deur Hoërskool Rustenburg – 508 punte, Hoërskool Hugenote – 417 punte en Hoërskool John Vorster met 103 punte.
Die dogterspan van HFM het drie eerste plekke, 10 tweede plekke en 10 derde plekke behaal, terwyl die seunspan 11 eerste plekke, 14 tweede plekke en 15 derde plekke behaal het.
Verskeie atlete het besondere individuele prestasies behaal. Hulle is William Thulare: Nuwe baanrekord – 400m hekkies O/16 – 55.30s – 878 ASA punte, William Thulare – 110m hekkies O/16 – 17.72s – 844 ASA punte, Hazel Kennedy – 300m hekkies O/14 – 48.34s – 827 ASA punte, Hazel Kennedy – 90m hekkies O/14 – 15.13s – 802 ASA punte, Brendan Vermaak – Nuwe baanrekord vir gewigstoot seuns o/17 – 16.37m – 873 ASA punte, Chane Ras – gewigstoot O/15 – 10.32m – 815 ASA punte, Tacia van Wyk – gewigstoot O/15 – 10.18m – 809 ASA punte, Michelle van der Sandt – gewigstoot O/19 – 9.61m – 803 ASA punte en Kayla van der Merwe – O/14 gewigstoot – 9.87m – 818 ASA punte.