Benoude skuiwe in benoude tye

comment
Die eerste benoude boude wat nou ‘’n skuif maak is beslis Zuma se aanbod om vir van die verbeteringe self te betaal. Die bedraggie van sowat R10 miljoen is niks teenoor die R246 miljoen wat die belastingbetalers daarvoor moes betaal. Blykbaar is die waterpoel vir brandbestryding her geklassifiseer na ’n swembad. ’n Swembad wat die belastingbetaler R2,4 miljoen uit die sak uitgejaag waarvoor hy nou maar net R260 668 self te betaal. Steeds ‘’n belaglike bedrag vir ’n swembad.
Buiten dat hy en die ANC die Openbare Beskermer met persoonlike beledigings aangevat het toe sy in haar verslag genoem het dat hy persoonlik verantwoordelikheid moet aanvaar vir van die koste wat aangegaan is vir die opgradering van die eiendom. Die probleem is dat alle werk wat by Nkandla gedoen is, is teen opgeblaasde pryse gedoen om tenderpreneurs en kontrakteurs asook sy persoonlike argitek, geldelik te bevoordeel. Hierdie geld sal nooit verhaal kan word nie as gevolg van die korrupte stelsel waarvolgens die ANC en sy kaders die staatskoffer besteel.
Die feit dat Zuma self verklaar dat hy nou bereid is om gedeelte van die koste terug te betaal is niks anders as ’n benoude skuif om sy ondersteuners te wys dat hy wel sy verantwoordelikhede nakom. As dit nie was vir die munisipale verkiesing wat later die jaar plaasvind nie, sou hy steeds geswyg het.
Maryna Lamprecht sê in Beeld Donderdag 4 Februarie dat “Daar is geen toeval daarin dat pres. Jacob Zuma sy Nkandla kopskuif gemaak het presies in die tyd waarin hy polities “’n loesing” gekry het nie. Politieke kenners sê ook dat die president besef het dat na die debakel oor Nhlanhla Nene, hy nie die politieke kapitaal het om voort te gaan met die Nkandla-hofgeding en gevaar loop om die saak te verloor nie.
Verdere benoude skuiwe is volgens ’n voormalige rubriekskrywer by Mail & Guardian, Allister Sparks, wat in dieselfde uitgawe sê, dat dieselfde benoude skuiwe te sien is in M&G wat verlede Vrydag op hul voorblad ‘’n foto van oudpresident FW de Klerk gehad het en geïmpliseer het dat Maimane, leier van die DA, luidens ongeklassifiseerde “inligting” gereeld in kontak is met De Klerk om “leierskaplesse” van hierdie apartheidspresident te ontvang.
Beide Maimane en De Klerk ontken dat hulle enigsins kontak het met mekaar en dat hulle slegs tydens een geleentheid aan mekaar voorgestel is.
Dit beteken dat die Engelse hoofstroommedia weer op die ou pad is om hulle vole steun weereens, net soos in die apartheidsjare, aan die ANC te bied. Dit sluit selfs aanvalle op die DA beheerde Munisipaliteit van Kaapstad in.
Moenie toelaat dat hierdie “positiewe” stappe van die ANC en Zuma jou beïnvloed nie. Sodra die verkiesing verby is, sal hulle beslis in toenemende mate aanhou met hul volskaalse korrupsie en die vernietiging van alle aanvaarbare norme soos ’n onafhanklike regsbank en om die parlement uit sy fondamente te ruk om plek te maak vir ’n Zoeloe Koning. Dingaan het sy halfbroer, Shaka Zulu, met die hulp van sy eie lyfwag vermoor om destyds as koning van die Zoeloe-nasie gekroon te word. Shaka Zulu se sterwenswoorde was dat jy as koning maar versigtig moet wees want jy sal ook vermoor word.
As ek Koning Goodwill Zwelithini was, sou ek reeds begin om benoude kyke oor my skouer te gee en nie toe te laat dat die blink nuwe motors wat Zuma vir hom en al sy stamhoofde gegee het sy aandag van die werklikheid aftrek nie.