Oud leerling van Bosveld Akademie presteer
Gerda Goosen oud leerling van Bosveld Akademie Privaatskool, het aan die CVO skool Potgietersrus gematrikuleer (IEB kurrikulum) aan die einde van 2015. Gerda het geslaag met 6 onderskeidings en 2 B simbole. Sy was ook by die jaarlikse Glansgeleentheid van die BCVO in Pretoria, op 8 Januarie 2016, aangewys as vakpresteerder van al 6 hierdie vakke: Wiskunde, Wetenskap-Fisies, Engels, Besigheidstudies, Ekonomie en Christelike Lewensoriëntering en het ‘n algemene eerste plek in die BCVO verwerf vir die presteerder van die jaar vir 2015. Sy was ook in die boonste 1% van die IEB, landswyd vir Engels en Christelike Lewensoriëntering.