HFM leerlinge ontvang toekennings vir skaak

04-HFM skaak
THABAZIMBI – Twee leerlinge van HFM wat aan die begin van die jaar aan die Suid – Afrikaanse Junior Skaakkampioenskappe deelgeneem het, het verskeie toekennings ontvang by Noord – Wes Bojanala Skaakunie se prysuitdeling wat Saterdag aangebied is.
Die span waarvoor Eduan Voster gespeel het behaal ‘n 2de plek by die SA’s, waarvoor elke lid van die span ‘n silwer medalje ontvang.
Hy het ook meer as 50% van sy rondtes gewen waarvoor hy ‘n goue medalje ontvang.
Hy ontvang ook ‘n sertifikaat vir sy deelname aan die SA’s.
Igee Theron ontvang ‘n trofee by Bojanala as die o/18 speler wat die hoogste gradering het.
Die span waarvoor hy gespeel het behaal ‘n 2de plek by die SA’s waarvoor elke lid van die span ‘n silwer medalje ontvang.
Hy het ook meer as 50% van sy rondtes gewen waarvoor hy ‘n goue medalje ontvang.
Verder ontvang Igee ook ‘n trofee as die beste seuns speler in die 0/18 span van Bojanala. Hy ontvang ook ‘n sertifikaat vir sy deelname aan die SA’s.