Solidariteit gee weer vir Gr 1’s

02-LS TBZ Solidariteit
Solidariteit skenk elke jaar volledig toegeruste skooltasse vir behoeftige leerders in die Grondslagfase. Laerskool Thabazimbi was nie uitgesluit nie en het hul kwota ontvang. Op die foto is mnr Nico Englebrecht – Adjunkhoof (links) en me Elna Massyn – Departementshoof Grondslagfase (heel regs) saam met van die personeel van Solidariteit. Die groepie maatjies wat so mooi glimlag is van die splinternuwe GR 1 leerlinge wat vanjaar in juf Elna se klas is. Laerskool Thabazimbi wil hiermee net baie dankie sê aan Solidariteit vir hulle skenking. Dit sal beslis goed gebruik kan word.