Laerskool Thabazimbi – Gee om

Op die foto vlnr: IG Taljaard, Areane Pretorius, Juan’rich du Preez, Douw van der Walt, Stephan (Spar) en juf Hanti Vorster.
Op die foto vlnr: IG Taljaard, Areane Pretorius, Juan’rich du Preez, Douw van der Walt, Stephan (Spar) en juf Hanti Vorster.

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi loods twee keer per jaar ‘n projek om noodsaaklikhede in te samel vir die SAVF en Abraham Kriel Kinderhuis en op Dinsdag 1 Desember het hulle noodsaaklikhede na die AKK vervoer.
Die noodsaaklikhede sluit in kos, koekies, lekkers, koeldranke, toiletbenodighede, speelgoed, klere en skoene.
Die projek word altyd goed ondersteun aangesien Thabazimbi gemeenskap, ouers en kinders in die omgee-gemeenskap is, wat uitreik na ander.
Mnr Hannes Coetzee van Spar en Henk Brits van PaintNet, voorsien elke jaar ‘n bakkie en sleepwa om die goedere te vervoer. Wanneer u gedurende die feestyd aansit by die feesmaal, weet dan dat Laerskool Thabazimbi vir elke kind ‘n feestelike tyd gee. Almal wat bygedra het word ‘n Geseënde Kerstyd – ‘n Christusfees toegewens