Huweliksklokke

2016-Marissa troue
Melissa, dogter van Hannes en Malinda Nortje, en Gideon Griffin, seun van Gideon en Sjarmain van Greune is op 19 Desember 2015 deur Pastoor Danie Lottering in die huwelik bevestig. Hulle ouers wil hulle hiermee ‘n geseënde huwelik toebid en spreek die hoop uit dat hulle bekers elke dag van God se guns mag oorloop. Die paartjie vestig hulle tans in Thabazimbi.