50mm reën in een dag

02-TBZ water (3)
Donderdagoggend het milde reën oor Thabazimbi uitgesak en ter perse gaan het dit sowat 50mm reeds gereën en, dit reën steeds. Op die foto is die aansluiting van die ingang na die industriële gebied en Regorogile met Warmbadweg waar water oor die aansluiting gestoot het. Talle pendelaars was laat vir werk aangesien die taxi-dienste erg daardeur geraak is.