SAVF sluit die jaar af in styl
THABAZIMBI – Die SAVF vrywilligers het hierdie jaar hulle afskeid in styl by Kaya Kwa gehou.Hulle is bederf met ‘n heerlike ete vir hulle harde werk deur die jaar.
Swaar afskeid is ook geneem van ‘n vrywilliger wat verhuis, Denese Chapman. Drie pryse is oorhandig aan drie vrywilligers. Linda van Wyngaard het weggeloop met die Persoonlikheid van die jaar toekenning, terwyl Marthie Theron gekroon is vir haar termyn van die langste lidmaatskap in die Thabazimbi tak. Pieter van der Merwe het weggeloop met die toekenning van die vrywilliger van die jaar vir al sy harde werk deur die jaar. Pieter is deur die vrywilligers genomineer en verkies.
Marianne Jacobs, voorsitter van die diensbestuur en Linda Grobler, senior maatskaplike werker van die kantoor, nooi mense uit om deel te word van hierdie wenspan. Die kantoor is geleë te Parklaan 5 en belangstellendes kan daar ‘n aansoekvorm kry. Die aansluitingsfooi is slegs R10 en erkenning word gegee aan lidmaatskap in die vorm van sertifikate en borsknopies.