Olimpiese swemskool

48-Swem Swembad 2
Gerhard Zandberg, befaamde Olimpiese swemmer wat Suid-Afrika reeds twee keer op die Olimpiese spele verteenwoordig het, het onlangs ‘n swemskool by die Penguin Swemklub by HFM aangebied. Die belangstelling was redelik groot en die swemmers het beslis baie die dag geleer. Op die foto is hy en Rhoné Rheeders, afrigter van die Penguin swemklub, saam met die swemmers wat die swemskool bygewoon het.