Kinders ontdek hul talente met SAVF vakansieprogram

'n Groep maats wat saam met tannie Sylvia Smit staan, wys die drie handwerk tegnieke wat hulle geleer het in die eerste week van die SAVF se vakansieprogram.
‘n Groep maats wat saam met tannie Sylvia Smit staan, wys die drie handwerk tegnieke wat hulle geleer het in die eerste week van die SAVF se vakansieprogram.

THABAZIMBI – Versteekte talente word ontdek met die SAVF vakansieprogram. Ywerige kinders kom agter hoe vaardig hulle is met die maak van droomvangers, dekopage van glase en die maak van plekstaanders met koeldrankproppies. Die program word aangebied op Maandae, Woensdae en Vrydae vanaf 9 uur tot 13h00 die middag. Die kostes is R30 ‘n dag en sluit ‘n kunswerk en ete in. Daar is ook ‘n snoepie beskikbaar met koeldrank en chips. Vir navrae kan Sylvia Smit gekontak word op 084 218 1813.