Aliza-Aviela Bediening gee Kersnagmaal

Nan Dreyer wat in Oktober 90 geword het.
Nan Dreyer wat in Oktober 90 geword het.

THABAZIMBI – Die Aliza-Aviela Bediening (Vreugdevol, want God is my Vader) se Nagmaal is op 2 Desember vanuit die NG Kerk bedien. Dr Tinus was die prediker en sy
voorlesing was uit Lukas 2.
‘n Groot groep van ons gemeente se ouer lidmate het die geleentheid bygewoon. Die uitreike is ‘n manier van die gemeente om aan die ouerlidmate dankie te sê vir die opbou en leiding wat die lidmate aan ons gemeentes gegee het.
Ons glo dat die heerlike saamwees ook vir die ouer lidmate van waarde is. Al die lidmate ouer as 75 het ook ‘n geskenk ontvang.
Hulle ouderdomme het gewissel van vroeë 70″s tot 90+ tannie Nan Dreyer het in Oktober 90 geword en haar seun het haar in gebring met ‘n rolstoel. Die inwoners van Huis Immergroen en Bosveld-oord is vervoer na die Nagmaal. Geen moeite is ontsien deur die bejaardes wat wou kom die Nagmaal is ook by Tambotie vir verswakte bejaardes aan die inwonders wat Nagmaal wou gebruik bedien. dr Tinus, Charles Vorster (ouderling) en Kobie Coetzee (diaken) het daar bedien en by die kerk het Annelise Kotze (diaken)
die Nagmaal bedien. die orrelis was Marieta Bean en Ané Diederick het die rekenaar bewerk.
Dit was drie lekker dae van werk, lag, idees uitruil en moeë lywe. Dis ‘n wonderlike groep dames met baie omgee vir ons ouer lidmate wat lekker saam werk.
80 +: Baie geluk aan oom Boet van Niekerk wat 6 Desember 82 geword het en
tannie Nellie Engelbrecht wat op 12 Desember 81 word. Huweliksherdenking:
Baie geluk aan TI en Louise Potgieter met jul 54 ste huweliksherdenking op 9
Des; oom Hans en Annatjie Human met jul 50ste huweliksherdenking Vrydag 11 Desember 2015.