Geloftefees – Leeupoort

hqdefault
LEEUPOORT – Die Geloftefees word vanjaar op 16 Desember 2015 vir die derde jaar op Leeupoort aangebied.
Om 9vm lei dr Christo Pretorius die Gelofte diens en die aflê van die Gelofte.
Na ‘n teepouse vertel dr Pretorius daardie wonderlike geskiedenis aan die Feesgangers.
‘n Beroep word op die ouers gedoen om hulle skoolgaande kinders saam te bring sodat hulle ook aan daardie gedeelte van die Gelofte kan voldoen.
Dr Christo Pretorius is predikant van die Nederduitse Hervormde Kerk en bedien die DuToitstraat Gemeente in Pretoria Sentraal.
Vir enige navrae, kontak die Voorsitter mnr Stoffel Bester by 0828237652 of die Fees organiseerder, mnr Pieter Bodenstein by 0824101655