Plaaslike musiekgroep vermaak bejaardes
THABAZIMBI – Elize Bezuidenhout, musikale instrument afrigter, se musiekgroep van 14 kinders het Vrydag 20 November die bejaardes van Bosveldoord, Immgergroen en die dorp vermaak met hulle musiektalente as deel van ‘n kersprogram aangebied deur die SAVF.
Hulle het hulle puik van hulle taak gekwyt met tradisionele liedere soos suikerbossie. Gewyde- en kersliedere op kitare, ‘n elektriese kitaar en blokfluite het ook deel hiervan uitgemaak. Juffrou Elize het hulle op die clavier begelei.
Die bejaardes het dit terdeë geniet en het spontaan saamgesing.