Hannes van Spar – Mnr Spar

Hannes Coetzee van Thabazimbi se SuperSpar wat “Mnr Spar” toekenning ontvang het.
Hannes Coetzee van Thabazimbi se SuperSpar wat “Mnr Spar” toekenning ontvang het.

Jaarlikse wys Spar in elke streek ‘n eienaar van ‘n Spar winkel aan wat uitsonderlike standaarde en diens aan sy gemeenskap gelewer het. Wat oor jare die “My Spar” vlag hoog laat wapper het. Daar is net ses spar eienaars in die Noord Rand streek wat hierdie toekenning al gewen het. Om dié prys te wen moet iemand altyd lojaal wees teenoor die Spar-familie, sy personeel en die gemeenskap wat hom altyd getrou ondersteun het. Spar Noord (Noord Rand streek) het hierdie jaar uit 149 winkels ons eie “Hannes van Spar” vereer met die “Mnr SPAR” toekenning vir 2015.
Hannes se Thabazimbi tak was ook vroeër in die jaar benoem as een van die top 20 takke in Suid-Afrika. Dit is ‘n eerste in Spar waar pa en seun dié hoogaangeskrewe toekenning ontvang. Hannes se pa, Wiehahn het die trofee in 1997 ontvang. Thaba Superspar en Tops se personeel, Hannes se broer, Carel van Warmbad Superspar, sy swaer en suster, Willie en Marlené van Mogal Superspar in Lephalale, MC van Marula Spar in Marapong, is saam met almal van Thabazimbi en omgewing baie trots op ons “Hannes van Spar” met dié uitsonderlike prestasie! Gerda (sy vrou en twee dogters), Dané en Karla is saam met pa Hannes nie alleen trots nie, maar ook baie dankbaar teenoor die hele gemeenskap van Thabazimbi wat hulle met ope arms ontvang het in 2002. On sweet die maande wat voorlê gaan uitdagend wees, maar ons wil ons lojaliteit teenoor al ons klante herbevestig. “My Spar groete”