SAVF bemagtig publiek rondom gesinsgeweld

Chrtistelle Barnard saam met Herman Meyer wat die musiek verskaf het.
Chrtistelle Barnard saam met Herman Meyer wat die musiek verskaf het.

THABAZIMBI – Donderdag, 12 November het die SAVF span van Thabazimbi saamgespan met die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vrouens en kinders. Hulle het pannekoek gebak terwyl Herman Meyer musiek verskaf het en sy vernuf gewys het met die trekklavier, konsertina en banjo. Tot die vermaak van die publiek het hy ook gewys hoe maak jy musiek met ‘n saag en ‘n strykstok.
Wit strikkies is uitgedeel aan die publiek ten einde mense bewus te maak van gesinsgeweld en die nasionale simbool daarvan, die wit strikkie.
Petisielyste is ook ingevul om ondersteuners van geen geweld te simboliseer en op ‘n latere stadium te oorhandig aan die stasiebevelvoerder in Thabazimbi. Verskeie pamflette is ook beskikbaar gestel met informasie waar om hulp te kry en watter tipes gesinsgeweld daar is.
Volgens Linda Grobler, koördineerder van die projek, was dit ‘n suksesvolle dag, want ten spyte van die snikkende hitte is baie mense bereik. Sy bedank die publiek vir hul steun in die projek en nooi steeds mense uit om anonieme oproepe te maak om hulp te kry of sake aan te meld. Die kantoor kan geskakel word weeksdae vanaf 08h00 tot 15h00 by telefoonnommer 014 777 1093.