Northam VLU sluit jaarverrigtinge af

Dames met 100% teenwoordigheid van links René Laas (Skakelbeampte) Dina Smit (Tesouriere) Maritza Hasebroek (Voorsitster), Celia Goosen (Beoordeellaarsameroepster) en Annatjie De Waal.
Dames met 100% teenwoordigheid van links René Laas (Skakelbeampte) Dina Smit (Tesouriere) Maritza Hasebroek (Voorsitster), Celia Goosen (Beoordeellaarsameroepster) en Annatjie De Waal.

VLU Northam tak het hul jaarlikse afskeidsgeselligheid op 12 November gehou. Tydens hierdie vergadering was daar ook pryse om die dames te bedank vir hulle harde werk.
Dames met die meeste punte deur die jaar was eerste: Mari Meintjes met 138, 2de Annatjie de Waal met 102, 3de Maritza Hasebroek met 98, 4de Tannie Hannetjie du Plessis met 87, 5de René Laas met 85 en 6de Dina Smit met 81 punte. Die dames met die meeste takartikels was 1ste: Mari Meintjes, 2de: Riana Oosthuizen en 3de: Annatjie de Waal, wat ook die hardste prober het deur die jaar. Dames wat 100% bywoning gehad het was Annatjie de Waal, Rene Laas, Maritza Hasebroek, Celia Goosen en Dina Smit.
Tydens hierdie vergadering het hulle ook afskeid geneem van hul huidige voorsitter, Maritza Hasebroek, wat hul eie tak Zoneblom gestig het in Seteria. Northam tak wens hulle alle sukses toe.
Die dames het lekker verder gekuier en geleentheid gehad om te swem as lafenis teen die hittegolf. Daar is selfs ook geskenkies uitgeruil.
Names Northam tak wens hulle almal ‘n baie geseënde Kersfees en voorspoedige 2016 toe. Hulle het ‘n skitterende jaar agter die rug en kan nie wag vir volgende jaar nie. Om deel van hierdie span te wees, kontak gerus hul skakelbeampte Rene Laas by 073 4299 411.