TBZ Karate Klub

DSC_3408
Die Thabazimbi Kofukan (Shukokai) Karateklub het op Saterdag 7 November vir hul gordel graderings in Brits gegaan. Hulle is op die foto voor van links: Thabo Mthombeni (pers), Ntando Nkosi (groen) en Fiki Ribimbi (bruin). Agter: Thapelo Selalome (pers), Sensei Rainier le Roux en Jacques Bronkhorst (oranje). Die klub oefen gereeld by die Thabazimbi Bioskoopsaal en belangstellendes kan so teen 17:00 gaan kyk en met Rainier gesels indien jy sou belangstel om aan te sluit.