SAVF Desember vakansie program

Holiday-Programme-web
THABAZIMBI – SAVF bied Desember ‘n vakansieprogram aan vir kinders van 5 tot 12 jaar in Parklaan 5 van 09:00 tot 13:00. Die program gaan plaasvind van 30 November tot 18 Desember 2015 op Maandae, Woensdae en Vrydae.
Vir net R30 per kind per dag. Prys sluit kospakkie in en ‘n snoepie sal beskikbaar wees. Ons gaan crafts doen, speel en baie swem, so onthou asb swemklere, handdoek en sonbrandolie asook ‘n hoed.
Op Vrydag 18 Desember hou ons mini kersfees, die kinders moet dan ‘n geskenkie van ongeveer R30 saambring vir jou maatjie van dieselfde geslag.
Kontak Sylvia by 076 2296586 of die kantoor by 014 777 1093 om meer uit te vind.